Debat
- ATKV - Debat: Ben Vorster neem graag deel aan díe raakpraat kompetisie. Dit leer ons leerders nuwe vaardighede en berei hulle so voor om hulle toekoms met selfvertroue aan te pak en hulle sê te kan sê. Ons skryf gewoonlik twee junior- en twee senior spanne in.
- DINK - of - SINK Afriforum Skole:Die is ‘n opwindende, onvoorbereide debatskompetisie waaraan Ben Vorster deelneem. In ‘n span van drie debatteer leerders teen mekaar oor nasionale en internasionale aktuele onderwerpe. In 2019 het Ben Vorster ses spanne ingeskryf en hul het hul goed van hul taak gekwyt.