Hoërskool in Tzaneen

Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Ekstra Klasse

By Die Hoërskool Ben Vorster glo ons daarin om die ekstra myl vir ons leerders te stap - daar is baie min verkeer aangesien meeste mense nie bereid is om hierdie pad te stap nie.

Die eerste plan wat ons in plek het om ons leerders te help om na uitnemendheid te strewe is met ons middagklasse. Die middag klasse heet wel “ekstra- klasse” maar is nie klasse waar ekstra hulp verleen word nie - daarvoor het ons soggens, tussen 07h00 en 07h30 remediëringsklasse in plek.  Ons bied  deur die week tussen 14:00 en 15:00 vir graad 11- en 12- leerders, in spesifieke vakke middagklasse aan om sodoende te verseker dat ons ons sillabus deeglik  en tot op die fynste detail  voltooi. Skoolure verleen ongelukkig nie hiervoor genoegsame tyd vir ons toegewyde onderwysers nie. Ons fokus is om elke leerder voor te berei vir ‘n nasionale eksamenvraestel, en kennis alleen is ongelukkig nie genoeg nie. Met dié tyd, wat ons ekstra insit, verkry ons kinders diepte in elke vak wat van onskatbare waarde is! Geen wonder ons toelating vir Baccalaureusgraad is 87,87%  en al ons vakgemiddelde is bo 50 % vir die Nasionale Gr 12 eksamen nie!

 Dit is dus van kardinale belang dat leerders hierdie klasse bywoon. Dit is nie opsionele klasse nie - dit is verpligtend.

Die tweede plan wat ons in plek het, is om elke Vossie wat deur ons bekwame hande gaan,  gereed te kry vir die Nasionale standaard wat aan die einde van die jaar getoets word. Natuurlik maak on sook seker ons Vossies styg ver bo ander leerders uit as dit by universiteits aansoeke kom -  daarom bied ons in avakansies ook klasse aan. Hierdie klasse staan bekend as Herfsskool, Winterskool en Lenteskool. ‘n Rooster word opgestel vir die vakke wat wel ‘n behoefte het en elke sessie is gelaai met kennis, insig en toepassing wat ‘n Vossie ‘n hele myl voor enige ander leerder plaas wat nie sulke klasse bygewoon het nie. Boeke bevat kennis , maar by Vossieland het ons leerkragte wat jare se ervaring het wat slegs oorgedra kan word wanneer leerkragte en leerders TYD saam spandeer.

By Vossieland sal ‘n matriek leerder uitstap met wysheid en insig in elkeen van sy vakke wat geen boek ooit vir hom/ haar sal kan leer nie. Dít is hoe ons dit hier by Vossieland doen.

 

__________________________________

At Ben Vorster we believe in going the extra mile with our learners, there is very little traffic as most people are not prepared to go there.

The first plan that we have in place to assist the learners strive towards excellence is our afternoon classes. These classes are “extra classes” but are not classes where extra help is given. We have remedial classes daily between 07h00 and 07h30 for this purpose. We offer afternoon classes, for Gr 11 and 12 learners through the week between 14h00 and 15h00, in specific subjects to ensure that we complete our syllabus thoroughly and in the finest detail. School hours unfortunately,  do not grant sufficient time for our dedicated teachers. Our focus is to prepare each learner for a national examination question paper, and knowledge alone is unfortunately not enough. With the extra time we put in, our children gain depth in every subject that is invaluable! No wonder our Bachelor's pass rate is 87.87% and all our subject averages above 50% for the National Gr 12 exam

 Therefore it is of cardinal importance that learners attend these classes. They are not optional , but  compulsory.

The second plan we have in place to get every Gr 12 Vossie that goes through our hands ready for the National standard that at the end of the year (which is tested), and to ensure our Vossies achieve far above other learners when it comes to universitu applications, is to offer classes during holidays. These classes are known as Autumn, Winter and Summer School. A timetable is drawn up for the necessary subjects and knowledge, insight and application is gained, putting  Vossies a mile in ahead of any other learner who has not attended such classes. Books contain knowledge but at Vossieland we have teachers with years of  experience which can only be transferred when teachers and learners spend TIME together.

A matric learner will walk away from Vossieland with wisdom and insight in every subject chosen that no book can ever provide him / her. This is how we do it in Vossieland.