Hoërskool in Tzaneen

BUFFELFEES 2023
Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Klein Sportsoorte | Smaller sports

Die Hoërskool Ben Vorster se sport staan kop-en-skouers bo die res van Limpopo se skole uit danksy kwaliteit afrigting en die toewyding van deelnemers en hulle ouers. Hier by ons kan jy uit ‘n wye verskeidenheid van sportsoorte kies en seker wees dat ons alles in ons vermoë sal doen om jou te help om jou potensiaal optimaal te ontwikkel.

________________________

Hoërskool Ben Vorster’s sport is head and shoulders above the rest of Limpopo schools as a result of quality coaching and the commitment of participants and their parents.  We offer you a choice of sports and ensure you that we will do everything in our power to help you to reach your sporting potential.

 

Gholf | Golf

Tzaneen en die naburige dorpe bied ‘n verskeidenheid van goeie gholfbane vir die gholfentoesias. Die gholfliga vind in die tweede kwartaal plaas. | Tzaneen and neighbouring areas have wonderful opportunities for golf enthusiasts. The golf league takes place in the second term.  

Ben Vorster neem aan vier gholftoernooie in die Noordstreek deel: te Polokwane op 3 en 17 April, te Louis Trichardt op 24 April op ons plaaslike baan, 8 Mei, weer te Polokwane en dan die finaal 15 Mei te Euphoria. Die noordstreek bestaan uit Die Hoërskool Ben Vorster, Stanford Lake Kollege, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Frans du Toit en Hoërskool Tom Naude.

Ons neem in drie afdelings deel nl. die A-, B- en C- liga afhangende van die voorgee van die spelers. Daarna vind die liga finale plaas op Euphoria waar spelers van die Noord- en Suidstreek ook teen mekaar meeding. Om die jaar af te sluit word daar 'n Interhoer golfdag gehou waar bg. skole teen mekaar kragte meet. Ons oefen elke Woensdag om drieuur of alternatiewelik op die dryfbaan teen R30 vir die oefenballetjies en dan die volgende Woensdag op die kort baan by Fair View en dit is gratis.

__________________________

Tzaneen and neighbouring areas have wonderful opportunities for golf enthusiasts. The golf league takes place in the second term. / Tzaneen en die naburige dorpe bied ‘n verskeidenheid van goeie gholfbane vir die gholfentoesias. Die gholfliga vind in die tweede kwartaal plaas.

Ben Vorster participates in four golf tournaments in the Northern Region: Polokwane on 3 and 17 April, Louis Trichardt on 24 April on our local course, Polokwane again 8 May and then the final on 15 May at Euphoria. The Northern Region consists of Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Louis Trichardt, Stanford Lake College, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Frans du Toit and Hoërskool Tom Naude

Ben Vorster neem aan vier gholftoernooie in die Noordstreek deel: te Polokwane op 3 en 17 April, te Louis Trichardt op 24 April op ons plaaslike baan, 8 Mei, weer te Polokwane en dan die finaal 15 Mei te Euphoria. Die noordstreek bestaan uit Die Hoërskool Ben Vorster, Stanford Lake Kollege, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Frans du Toit en Hoërskool Tom Naude.

We participate in three sections, the A, B and C leagues, depending on the handicaps of the players. After that the league finals take place on Euphoria where players of the Northern and Southern regions also play each other. To finish the year and Inter-high golf day is held where all the above schools play each other. We practise every Wednesday at 15h00 or alternatively on the driving range at R30 for the practice balls and then on the following Wednesday on the short course at Fairview which is at no charge.

Organiseerder | Organiser

Thinus van Deventer
083 611 6292
thinusvand@gmail.com

 

Tweekamp | Biathlon

"Stry tot Oorwinning" - is die Vossies se Leuse.  Ons het vele bekende sportsoorte, maar dis die sportsoort waarin, net een of twee atlete, deelneem wat ons skool definieer.  Sportsoorte wat meer as die normale en meer as die algemene eis en wat jou verander in alles wat ons leuse uitbeeld.  Ons seisoen strek van September tot Maart.

Organiseerder | Organiser

Die sportsoort word privaat bestuur.

Jaco Marais - Limpopo Biathlon
083 611 6292
limpopobiathlon@gmail.com

Landloop | Cross Country

Ons langasems oefen hard en word by die dag fikser saam met ‘n voormalige landloopatleet. Die landloopseisoen is vanaf April tot September wanneer atlete, wat vir die SA’s  en Limpopo kampioenskappe wil kwalifiseer, aan ten minste vier van ses byeenkomste moet deelneem. Elke jaar neem ons deel aan die landloop interhoërbyeenkoms deel.

Affiliasies | Affiliations

Atletiek Suid-Afrika | Athletics South Africa

Fasiliteite | Fasilities

2km landlooproete op die skoolterrein. | 2km course on the school grounds.

Professionele Afrigting Maandae - Donderdae 16h00 - 17h00

Organiseerder | Organiser

Annelie Kinnear
084 795 1821