Hoërskool in Tzaneen

Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Krieket | Cricket

Op soek na n professionele krieketervaring met blywende resultate? By Die Hoërskool Ben Vorster se krieketakademie is dit ons doel  om elke speler die genot te laat ervaar om sy volle potensiaal in die sport te bereik en ter selfde tyd die belangrike lewenslesse te leer wat krieket bied.

Ons neem spelers van alle vlakke onder hande - van beginners tot ervare spelers. 'n Ieder en elk word met dieselfde respek behandel en ons sien elke speler se ontwikkeling as 'n prioriteit.

Ons het twee bekwame en hoogsgekwalifiseerde afrigters wat 100% van hul tyd aan krieket wy. Oefeninge vind nie net slegs in spanverband plaas nie, maar baie tyd word ook in "one-on-one" afrigting gesit om sodoende individueel met elke speler te werk.

Die O/15A- span en die skool se 1ste span, die Black Caps, neem in die eerste kwartaal aan die Finsbury liga deel en kompeteer teen skole van Gauteng, Noordwes en Mpumalanga. Die Limpopo skoleliga vind in die derde kwartaal plaas en neem die O/15A- en B-spanne, 2de span en 1ste span aan die liga deel wat uit 50-boulbeurtwedstryde bestaan. Die dogterspan neem aan die Limpopo T20-kompetisie vir dogters deel.

Die Black Caps neem ook deel aan die nasionale Coca-Cola Skole T20-kompetisie in die vierde en eerste kwartaal van die jaar en het die kompetisie twee jaar agtereenvolgens gewen.

Die hoogtepunt van elke jaar is die jaarlikse Vossie Krieketweek wat gedurende die Julie vakansie deur Die Hoërskool Ben Vorster aangebied word . Die toernooi word jaarliks goed ondersteun en 16 spanne van regoor Suid-Afrika meet kragte.

Ons is trots op ons krieketfasiliteite en spog met twee binnenshuise nette, vier buitenette asook twee turfnette.

Die Hoërskool Ben Vorster spog ook jaarliks met krieketspelers wat Limpopo op die nasionale krieketweke verteenwoordig - vanaf O/15-vlak tot O/19-vlak.

__________________________

Are you looking for a professional cricket experience with lasting results? At Hoërskool Ben Vorster’s cricket academy our goal is to see every cricketer enjoy the experience of reaching his/her full potential in the sport while at the same time learning the life lessons presented by cricket.

We take on players of all levels - from beginners to experienced players. Each and every player is treated with the same respect and we see the development of each player as a priority.

We have two capable and highly qualified coaches who offer up 100% of their time to cricket. Practices do not only take place in team format, but much time is also spent in "one-on-one" coaching so as to work individually with each player.

The U/15A- team and the school’s 1st team, the Black Caps, participate in the Finsbury league during the first term and compete against schools from Gauteng, North West and Mpumalanga. The Limpopo schools league takes place in the third term and the U/15A- and B- teams, 2nd team and 1st team participate in the 50-over matches. The girls’ team participates in the Limpopo T20-competition for girls.

The Black Caps also participate in the national Coca-Cola Schools T20-competition in the first and fourth terms of the year. Our team won this competition two years running

The highlight of the year is the annual Vossie Cricket week which takes place during the July holidays and is hosted by Hoërskool Ben Vorster. This tournament is well supported by 16 teams from all over South Africa.

We are proud of our cricket facilities and can boast with two indoor nets, four outdoor nets as well as two turf nets.

Hoërskool Ben Vorster is also very proud of various cricketers, from U/15 – U/19, who represent Limpopo at the National Cricket Week.

“Everyone has the fire, but the champions know when to ignite the spark” - Unknown