Hoërskool in Tzaneen

BUFFELFEES 2023
Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Leerling Verryking | Learner Enrichment

Deur die jaar reël Die Hoërskool Ben Vorster verskeie akademiese verrykingsgeleenthede vir leerders.  

Twee keer per jaar word beroepsuitstallings vir leerders gereël om hul keuses ten opsigte van verdere studie- en/of werksgeleenthede te verbreed.  Die eerste uitstalling vir graad 12-leerders vind gedurende die eerste week van Maart plaas en die tweede uitstalling, dié vir graad 11-leerders, gedurende die tweede week van Augustus.  By beide uitstallings word graad 9-leerders ook betrek om ‘n voorsmakie  te kry van die verskeidenheid studie-opsies en beroepe- veral met die oog op hul vakkeuse vir graad 10 aan die einde van hul graad 9-jaar.

HOI’s(Hoëronderwysinstellings), wat deelneem, is onder andere:  Universiteite van Tegnologie, privaat kolleges en ander privaat instansies - plaaslik asook vanoor die hele Suid-Afrika.

__________________________

At Hoërskool Ben Vorster we organise various academic enrichment events throughout the year. Career exhibitions are presented twice a year for learners to make choices regarding further studies and/or to broaden work opportunities. 
The exhibitions are usually held in March and August. The first exhibition is aimed at our Grade 12 learners and the second at our Grade 11 learners. Grade 9s are also encouraged to attend these events in order to expose them to the various study and career options that exist, post-matric. This helps with their subject choices for Grade 10
Exhibitors include tertiary institutions such as universities, universities of technology, private colleges and other private institutions from across South Africa.

 

Tri-Tech

Die wetenskapekspo, Tri-Tech, bied aan leerders die geleentheid om 'n wetenskaplike denkwyse en werkswyse te ontwikkel

wat 'n groot aanwins is in latere studiejare.

Die Vossies neem graag hieraan deel en verwerf jaarliks baie medaljes en afdelingspryse.