Loopbaanuitstallings
Twee keer per jaar word beroepsuitstallings vir leerders gereël om hul keuses ten opsigte van verdere studie- en/of werksgeleenthede te verbreed. Die eerste uitstalling vir graad 12-leerders vind gedurende die eerste week van Maart plaas en die tweede uitstalling- dié vir graad 11-leerders gedurende die tweede week van Augustus. By beide uitstallings word graad 9-leerders ook betrek om 'n voorsmakie te kry van die verskeidenheid studie-opsies en beroepe - veral met die oog op hul vakkeuse vir graad 10 aan die einde van hul graad 9-jaar.
Hoëronderwysinstansies, wat deelneem, is onder andere: Universiteite van Tegnologie, privaat kolleges en ander privaat instansies - plaaslik asook regoor die hele Suid-Afrika!