Die Hoërskool Ben Vorster se top atlete het op 9 Februarie aan die jaarlikse TUKS-Top 10-atletiekbyeenkoms deelgeneem en puik gevaar.
Ses seuns en ses meisies het die Vossies se naam hooggehou teen topskole van reg oor Suid – Afrika met ‘n totaal van oor die 1500 atlete. In Ben Vorster se groep, van 18 skole, het Ben Vorster algeheel 5de geëindig met ‘n gemiddelde ABSA-punt van 803 punte per atleet.
Twee uitblinkers van die dag was Paballo Legodi, wat algeheel tweede geëindig het in die 100m vir seuns O/19 (met ‘n tyd van 10.75 sekondes) en Zander Rikhotso, wat algeheel 4de geëindig het in die seuns O/15-100m-hekkies (met ‘n tyd van 13.93 sekondes).
Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op ons atlete.
______________________
On the 9th of February, Die Hoërskool Ben Vorster’s top athletes competed at the TUKS Top 10 athletics meeting and did extremely well.
6 Boys and 6 girls held the Vossie name up high against some of the top schools in South Africa with an accumulated total of over 1500 athletes. In Ben Vorster’s group of 18 top schools, Ben Vorster managed to end up in 5th position overall, with an ABSA point average of 803 per athlete. Two stars of the day was Paballo Legodi, who came second overall in the boys U/19 100m sprint, with a time of 10.75 seconds, and Zander Rikhotso, that finished 4th overall in the boys U/15 100m hurdles, with a time of 13.93 seconds.
Die Hoërskool Ben Vorster is very proud of our athletes and wish them all the best for this weekend’s LIMA meeting at Hoërskool Merensky.