Hoërskool in Tzaneen

Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Redenaars

Wat beteken Redenaars by Die Hoërskool Ben Vorster vir my?

 Die swart, die rooi en die wit met die buffel daarop gedruk?  Ons hoef nie te wag vir groot gebeurtenisse op die horison nie, by Die Hoërskool Ben Vorster leef ons vir elke kultuur-oomblik. Ons werk aan ons idiale, oefen hard aan ons talente, en ons manier van leef by ons skool is dat die Here 'n werklikheid is, dat klein dingetjies en talente groot word en drome realiteit word.  Daarom is ons wenners in die ware sin van die woord - Wees 'n Wenner word 'n Vossie!  Ons is trots op ons kultuur in Vossieland en ons geniet elke oomblik daarvan. 'n Mens se huis is waar jou hart is - daarom is Die Hoërskool Ben Vorster 'n ware tuiste vir passie, talente en geluk, want hier in Vossieland kan jy lééf.  Ben Vorster vir jou sweer ons getrou, mag God ons daartoe trou behou.