Hoërskool in Tzaneen

Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Skoolbeleid

Skooldrag

SKOOLDRAG – SEUNS

Hemp:
‘n Wit kortmouhemp met oopslaankraag en skoolwapen op die sak.

Das:
Amptelike wynrooi das.

Broek:
Amptelike steenkoolkleur (“charcoal”)  broek  (kortbroek /  langbroek).

Trui:
‘n Wynrooi skooltrui.

Oortrektrui:
Wynrooi skooltrui sonder moue  (“pull over” / oortrektrui). 
Slegs die  graad 12’s mag die wit oortrektruie dra.   

Baadjie:
Wynnrooi skoolbaadjie.
NB:  Wanneer die baadjie gedra word, moet die leerlinge ’n das daarby dra.   

Skoene:
Swart  skoolskoene wat toeryg, sonder enige gespes.

Kouse:
Saam met kortbroeke: steenkool (“charcoal”) skoolkouse (met strepe).
Steenkool (“charcoal”) kouse by langbroek.

Serp:
Slegs swart serpe  in die WINTER (maks.  25 cm breed, 1,5m lank).   
Serpe mag slegs saam met truie met moue of baadjies gedra word.

Gordels:
Swart met  eenvoudige klein  gespe (silwer / swart). 

Sweetpakbaadjies mag nie saam met skoolklere gedra word nie. Die sweetpak word as geheel gedra as sportdrag. 
Geen ander sport- of spanbaadjie mag saam met skoolklere IN SKOOLTYD gedra word nie.

SKOOLDRAG – DOGTERS

Hemp: 
Wit kortmouhemp met oopslaankraag en skoolwapen op die sak of toeknoophemp met das.

Das:
Amptelike wynrooi das.

Romp:
Geruite romp.

Broek:
Steenkoolkleur (“charcoal”)  amptelike langbroek.

Trui:
‘n  Wynrooi skooltrui.    

Oortrektrui:
Wynrooi skooltrui sonder moue  (“pull over”). 
Slegs die Graad 12’s mag die wit oortrektruie dra.

Baadjie:
Wynrooi skoolbaadjie.
NB:  Wanneer die baadjie gedra word, moet die leerlinge ’n das daarby dra.       

Skoene:
Swart skoolskoene – vasgemaak.  Daar moet ’n bandjie oor die voet wees.

Kouse:
Wit kort kouse by romp,  nie hoër as 15 cm bo die enkel nie - sonder embleme. 
Slegs steenkoolkleur (“charcoal”)  kouse by langbroek, geen wit kouse nie. 
Alle dogters mag swart “tights” dra in die winter soos afgekondig sal word.
Kniekouse saam met die romp mag in  die winter gedra word soos afgekondig sal word. 

Serp:
Slegs swart serpe  in die winter (maks.  25 cm breed, 1,5m lank).  
Serpe mag slegs saam met truie met moue of baadjies, gedra word.

Onderklere:
Vleeskleurig of wit.

Swart / rooi spanbroeke (ski-pants) onder die  romp is aan te beveel, maar mag nie onder die romp uitsteek nie.

Sweetpakbaadjies mag nie saam met skoolklere gedra word nie. Die sweetpak word  as geheel gedra as sportdrag. 
Geen onder sport- of spanbaadjie mag saam met skoolklere IN SKOOLTYD gedra word nie.