Skoollied
Trots is die skool wat uit die volksiel groei
Mooi is die leuse waaruit waarheid vloei
Faithfully we will stand by you
In gratefulness for all you do
Leer ons om jou steeds werd te wees
Gee ook aan ons ‘n suiwer gees
May God direct the way we learn
And may his will be our concern
God seën ook so ons skoolbeleid
Oorwinning kom alleen uit stryd
Ben Vorster jou sweer ons getrou
Mag God ons daartoe trou behou
Skoolwapen
Die Hoërskool Ben Vorster se skoolwapen is deur Hugo van Niekerk ontwerp. Vir die komposisie is simbole gebruik wat ons omgewing en skool se ideale so akkuraat moontlik na vore sou bring.
Die drie koraal- of bergvlam blomme simboliseer die welige subtropiese plantegroei en natuurskoon van die Laeveld.
Die Buffelkop simboliseer krag en moed. Krag is iets wat elkeen van ons moet hê om ‘n sukses van ons lewe en skoolloopbaan te maak en alles, wat ons doen, word met moed uitgevoer - sonder om terug te deins.
'n Lourier, wat oorwinning simboliseer, is in latere jare bygevoeg.
Ons Leuse
“STRY TOT OORWINNING”