Hoërskool in Tzaneen

Die Hoërskool Ben Vorster - Verjaarsdag
Kunstoer

Om ‘n ewige resiger te wees…

“Attention please. All passengers for flight EK 762, departing for Rome please report at Gate 27, Terminal 3.”

 Daar is niks soos die afwagting op ‘n lughawe nie. Die heen en weer, gewoel en warrel van reisigers – oppad na verre lande, plekke in brosjures en ervarings om in ‘n rugsak te bêre, en stories om te vertel oor koffie in ‘n straatkafee êrens in ‘n mistieke stad nie…

Daar is niks soos die stempel-sirkels op ‘n paspoortbladsy en die glimlag van jou eie-selwers as jy jou visum bestudeer nie. Jou vrypas om te gaan verdwyn in ‘n middeleeuse stad met katedrale en kanale, gondolas en vaporetto’s!

Rome, Milan, Parys, Pisa, Kaïro, Florence en Venesië. Is dit name wat jou voete laat jeuk en jou jou hartsnare roer? Ons Vossie toere neem jou na plekke waarvan jy nog net kon droom.

Bestemmings waar jy in lewende lywe kan gaan kyk hoe glimlag Mona Lisa, hoe skuins die Toring van Pisa regtig is, hoe romanties ‘n vaart in ‘n gondola in Venesië is en hoe hoog die Eiffel bokant Parys uittoring.

Gelato en pizza langs die Colosseum of Crepe’s met Nutella op die Champs d’ Élysée, koffie by die St Markus Plein terwyl bonjour en arrivederci deel word van jou belewenisse wat jy vir ewig met jou gaan saamdra.

Pak jou tas, bring jou paspoort! Die vliegtuig gaan vertrek! Bon voyage!

_________________________________

 

To be an eternal traveller…

“Attention please. All passengers for flight EK 762, departing for Rome please report at Gate 27, Terminal 3.”

 There is nothing like the anticipation at an airport. The back and forth hustle and bustle of travellers – on their way to lands far and near, places, brochures and experiences to store in rucksacks; stories to tell over coffee in a street café, in a mystical city…

There is nothing like the stamp-circles on passports and the smiles of your own selves as you study your visas, your passes to a medieval city with cathedrals and canals, gondolas and vaporetti!

Rome, Milan, Parys, Pisa, Cairo, Florence and Venice. Are these names which move your heart strings and make your feet itch to walk their streets? Our Vossie tours take you to places you have only dreamed of; destinations where you literally can see Mona Lisa’s smile, how much the Tower of Pisa is actually leaning, how romantic a gondola trip in Venice really is and how high the Eiffel Tower rises over Paris. 

Gelato and pizza next to the Colosseum or crepe’s with nutella on the Champs d’ Élysée, coffee at St Markus Plein while bonjour and arrivederci become part of your memories which will be carried with you for ever.  

Pack your suitcase, bring your passport! The plane is taking off! Bon voyage!