top of page
HBV Temp Logo 1.png

Die Hoërskool Ben Vorster

Hoërskool Ben Vorster Revue (89).JPG

MEER OOR ONS  |  MORE ABOUT US

TRI-TECH VIR JONG WETENSKAPLIKES

Die wetenskap ekspo, Tri-Tech, bied aan leerders die geleentheid om ʼn wetenskaplike denkwyse en werkswyse te ontwikkel wat ʼn groot aanwins is in latere studiejare.  Die Vossies neem graag hieraan deel en verwerf jaarliks baie medaljes en afdelingspryse.

TRI-TECH FOR YOUNG SCIENTISTS

The science expo, Tri-Tech, offers learners the opportunity to develop a scientific way of thinking and working which is a great asset in later years of study. The Vossies enjoy participating and win many medals and division prizes every year.

OLIMPIADES

ʼn Groot aantal leerders neem jaarliks aan ‘n wye verskeidenheid landswye olimpiades deel.  Dit brei akademiese vaardighede en algemene kennis uit.  Die Vossies presteer altyd baie goed en goeie uitslae word elke jaar opgelewer.

OLYMPIADS

A large number of learners participate in a wide variety of nationwide olympiads every year. It expands academic skills and general knowledge. The Vossies always perform very well and good results are produced every year.

RESTAURANT-AANDE

Gasvryheidstudieleerders kan in die Vossies se eie restaurant, Cucina Montina, hulle praktiese eksamens aflê.  Tydens restaurantaande kry leerders ook die kans om hulle vernuf ten toon te stel en ʼn waardevolle ervaring op te doen.

RESTAURANT EVENINGS

Hospitality students can take their practical exams in the Vossies' own restaurant, Cucina Montina. During restaurant evenings, learners also get the chance to showcase their ingenuity and gain valuable experience.

EMOSIONELE ONDERSTEUNING

Die Hoërskool Ben Vorster maak gebruik van kundiges vir emosionele ondersteuning en -leiding.  Die kundiges staan leerlinge by met emosionele- en skolastiese probleme, om trauma te verwerk, ondersteuning en bystand (in die geval van moeilike- en veranderde huislike omstandighede) met sosiale probleme.

EMOTIONAL SUPPORT

Hoërskool Ben Vorster makes use of experts for emotional support and guidance. These experts help pupils with emotional and scholastic problems, and processing trauma. They support and assist (in the case of difficult and changed domestic circumstances) with social problems.

IN TOUCH

InTouch is ʼn projek wat deur die Vossies self gestig is, met die doel om mede-Vossies te leer om vir mekaar en ander om te gee.  Sodoende word ʼn bewussyn gekweek dat jy jouself verryk, versterk en jou selfwaarde ontwikkel as jy ander help.  Finansiële hulp en/of benodighede word aan behoewende Vossies en hulle gesinne gebied.  

IN TOUCH

Hospitality students can take their practical exams in the Vossies' own restaurant, Cucina Montina. During restaurant evenings, learners also get the chance to showcase their ingenuity and gain valuable experience.

G-FORCE

Ons geloof in Drie-Enige-God is die fundament waarop Die Hoërskool Ben Vorster gebou is.  By Die Hoërkool Ben Vorster het ons die volgende inisiatiewe wat geleenthede skep waar ons Christenskap kan uitleef en verdiep.  Vossies for Christ – Interdenominale jeugleiers lei een maal per week byeenkomste.  Die fokus is lofprysing en aanbidding met bediening.  Leerders word aangemoedig om probleme en vrae met die jeugleiers te bespreek. 

G-FORCE

Our belief in the triune God is the foundation on which Hoërskool Ben Vorster High is built. At Hoërskool Ben Vorster we have the following initiatives that create opportunities where we can live out and deepen our Christianity. Vossies for Christ – Interdenominational youth leaders lead meetings once a week. The focus is praise and worship with ministry. Learners are encouraged to discuss problems and questions with the youth leaders.

GROENTJIEKONSERT

Die groentjiekonsert is een van die hoogtepunte op die Vossies se kalender.  Elke jaar bedink die SR ʼn konsert wat die gehoor laat lê van die lag.  Die konsert vind vroeg in die jaar plaas en elke graad 8-leerder neem deel.

FRESHMEN CONCERT

The Freshmen Concert is one of the highlights on the Vossie calendar. Every year the SC produces a concert that makes the audience cry with laughter. The concert takes place early in the year and every Grade 8 learner takes part in it.

MOEDER-EN-DOGTER DAG

Ons het ʼn jaarlikse Moeder-en-Dogter spoggeleentheid.  Bekende gaskunstenaars en -sprekers sorg vir kwaliteit vermaak en pitkos terwyl gasvrouens uithaal met geurige eetgoed en stylvolle tafels.  Ons graad 12-leerlinge kry ook weer die geleentheid om weer met hulle matriekrokke te spog.  Dames, oud en jonk, word uitgenooi om elke jaar die geleentheid, saam met ons te vier.

MOTHER AND DAUGHTER DAY

We have an annual mother-daughter splurge event. Famous guest artists and speakers provide quality entertainment and food for thought while hostesses go all out with delicious eats and stylish tables. Our grade 12 students also get the opportunity to show off their matric dresses again. Ladies, young and old, are invited to celebrate the event with us every year.

MNR. EN MEJ. VOSSIE

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in Vossieland?

Mnr en Mej Vossie is een van die prestige geleenthede op Die Hoërskool Ben Vorster se kalender.  Slegs graad 11-leerders mag deelneem aan hierdie geleentheid.  Tydens uitdunne word daar slegs 10 seuns en 10 dogters gekies om aan die gala-aand deel te neem.  Onafhanklike beoordelaars word deurgaans gebruik – by die uitdunne, sowel as by die gala-aand.

MR. AND MISS VOSSIE

Mirror mirror on the wall, who is the fairest in Vossieland? The Mr and Miss Vossie pageant is one of the prestigious events on Hoërskool Ben Vorster’s calendar. Only grade 11 learners may participate in this event. During the qualifying round only 10 boys and 10 girls are selected to participate in the gala evening. Independent judges are used throughout - at the heats, as well as at the gala evening.

MATRIEKAFSKEID

Die matriekafskeid is seker dié sosiale geleentheid van die jaar by die skool en een waarna elke graad 12-leerling uitsien.  Die tema vir die matriekafskeid word tydens ʼn spesiale seremonie aangekondig.  Die graad 12-leerders kry dan ook hulle formele uitnodigings. 

MATRIC FAREWELL

The matric farewell is probably THE social event of the year at the school and one that every Grade 12 pupil looks forward to. The theme for the matric farewell is announced during a special ceremony. The Grade 12 learners then also get their formal invitations.

bottom of page