Hoërskool in Tzaneen

Die Hoërskool Ben Vorster - Verjaarsdag
Loopbaanuitstallings

Twee keer per jaar word beroepsuitstallings vir leerders gereël om hul keuses ten opsigte van verdere studie- en/of werksgeleenthede te verbreed.  Die eerste uitstalling vir graad 12-leerders vind gedurende die eerste week van Maart plaas en die tweede uitstalling- dié vir graad 11-leerders gedurende die tweede week van Augustus.  By beide uitstallings word graad 9-leerders ook betrek om 'n voorsmakie te kry van die verskeidenheid studie-opsies en beroepe - veral met die oog op hul vakkeuse vir graad 10 aan die einde van hul graad 9-jaar.

 

Hoëronderwysinstansies, wat deelneem, is onder andere:  Universiteite van Tegnologie, privaat kolleges en ander privaat instansies - plaaslik asook regoor die hele Suid-Afrika!