HoŽrskool in Tzaneen

Die HoŽrskool Ben Vorster - Verjaarsdag
Netbal

Netbal is een van Die HoŽrskool Ben Vorster se gewildste sportsoorte en het tans nege spanne. Bo en behalwe die skoleliga ding ons ook mee aan die Wildeklawer toernooi, Twizza toernooie en Fast 5. Jaarliks lewer die skool ín goeie kwota provinsiale spelers†wat aan die SA-Kampioenskappe deelneem. Die netbal spanne het die jaar ook die voorreg gehad om Ďn kursus by te woon wat† Erin Burger tuis aangebied het.

Fasiliteite:

Die HoŽrskool Benvorster spog met ses fantastiese netbalbane.

Netbalafrigters

Ons het tans twee level 2-afrigters en twee SASN - skeidsregters. Die netbalafrigters is gereeld betrokke by proewe, graderings, afrigting en skeidsregting op provinsiale vlak. Ons is trots om te noem dat ons netbalafrigters hul kennis op ín gereelde basis opdateer en streef daarna om die beste vir elke speler te lewer. Die netbal kan beskryf word as ín hegte familie - wat altyd daar is vir mekaar, en mekaar deur dik en dun bystaan.

Organiseerders

Anandi Janse van Rensburg

Leandi Toerien

bvnetbal@gmail.com