Skyfskiet | Target Shooting
Jy moet bo-gemiddelde konsentrasievermoë en senuwees van staal hê om ‘n kampioenskut te wees. By die Hoërskool Ben Vorster kan jy hierdie vaardighede aanleer waarby jy jou hele lewe lank sal baat vind. Skyfskietgewere gebruik saamgeperste lug - nie lewendige ammunisie nie, maar ons skuts word nogtans geleer om die beginsels van wapenveiligheid streng toe te pas. Die afrigter is ten tye van oefening ten alle tye teenwoordig. Ons skyfskietbaan is elke weeksmiddag oop vir oefening.
Die Vossie skuts presteer jaarliks uitstekend op provinsiale- en nasionale vlak. In 2015 het ons 22 Limpopo skuts opgelewer waarvan 13 skuts gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Vier het hulle SA-kleure verwerf en saam met die SA-skolespan na Engeland getoer.
___________________________________
To be a champion shot, you need above average concentration and nerves of steel. At Hoërskool Ben Vorster you can be the champion. The principles of safety, apart from excellent coaching, are taught to our excellent team. Principles of weapon safety as well as weapon agility are taught every afternoon while our target shooting centre is open. The Vossie Shots perform excellently every year on provincial and national level. 13 of our shots qualified for the SA championships. Four obtained their SA colours and toured England with the team.
Afrigter | Coach
Me Anél Griesel - eerstydse afrigter van die nasionale skolespan. | Ms Anél Griesel, National Schools Coach.
Affiliasies | Affiliation
Die skool se skyfskietklub skiet onder die ‘International Shooting Standard Federation’. Dit beteken dat ons skuts by die Olimpiese spele kan gaan meeding indien hulle daarvoor kwalifiseer.
Die skool is ook geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Skole Skutters organisasie. |
Our school club is affiliated to ‘International Shooting Standard Federation’. Therefore, we can participate in any national event.
The school is also affiliated to the SA School s organisation.
Fasiliteite | Facilities
‘n Binnenshuise skyfskietbaan met agt bane en MPR & CZ-luggewere word gebruik. Slegs platpunt - ammunisie word toegelaat. | ‘MPR & CZ’ are used in the eight lane indoor court. Only flat point ammunition is acceptable.