Hoërskool in Tzaneen

Ons aanlyn aansoeke vir 2024 is nou oop.
Doen Aansoek
Vyfster

Vyfster seunskoshuis is vir ongeveer 120 seuns 'n huis weg van die huis af. Hier, onder die wakened oog van die koshuisvader en diensdoenende personeel, kry elke seun die kans om die simboliek van die koshuis se vyf sterre: geloof, nederigheid, familie, geluk en dissipline daagliks uit te leef.

Seuns word in ruim kamers gehuisves en word voorsien van drie gebalanseerde etes per dag. Seuns, wat in Vyfster bly, word aangemoedig om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem en is Vyfster seuns gereeld onder die top sportpresteerders van die skool. A.g.v die koshuis se uitstekende ligging vergemaklik dit ook natuurlik die deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite.

Gekontroleerde studietye saans, verseker dat elke seun die geleentheid kry om sy akademie na die beste van sy vermoë te doen, en daarom is Vyfster seuns jaarliks onder die Top 30-Akademiese presteerders per graad.

Vyfster jou huis waar jy lewenslange vriende maak.

NAWEKE

Die koshuis is oor naweke gesluit, tensy daar sport op Saterdae is.  Leerders moet dan voor Woensdagoggend inteken by die eetsaal

 

Kontakbesonderhede | Contact details

Koshuisvader | Hostel father
Peter Schutte
071 889 9733